Oos-Afrikaanse Skeur

’n Kaart van Oos-Afrika wat van die historiese vulkane (rooi driehoeke) in die gebied wys, asook die Afardriehoek (donkerpienk), waar drie tektoniese plate van mekaar wegtrek al langs die Oos-Afrikaanse Skeur: die Arabiese, Nubiese en Somaliese Plaat.

Die Oos-Afrikaanse Skeur is ’n aktiewe geologiese skeur in Oos-Afrika. Dit het omtrent aan die begin van die Mioseen, 22 miljoen tot 25 miljoen jaar gelede, begin ontwikkel.[1] Dit is voorheen as deel van die Groot Skeurvallei beskou wat noordwaarts tot in Klein-Asië strek. Die term "Groot Skeurvallei" word deesdae selde in geologie gebruik, want dit word beskou as twee aparte, maar verwante, skeurstelsels.

Die Oos-Afrikaanse Skeur, ’n smal sone, is ’n ontwikkelende plaatgrens waar die Afrikaplaat besig is om in twee tektoniese plate, die Somaliese en Nubiese Plaat, te verdeel in ’n tempo van 6-7 mm per jaar.[2] As die skeuring voortduur, sal ’n litografiese skeuring binne 10 miljoen jaar voorkom. Dan sal die Somaliese Plaat wegskeur van die res van Afrika en sal ’n nuwe oseaanbekken vorm.

  1. Ebinger, Cynthia (April 2005). "Continental break-up: The East African perspective". Astronomy and Geophysics. 46 (2): 2.16–2.21. doi:10.1111/j.1468-4004.2005.46216.x.
  2. Fernandes, R.M.S.; Ambrosius, B.A.C.; Noomen, R.; Bastos, L.; Combrinck, L.; Miranda, J.M.; Spakman, W. (2004). "Angular velocities of Nubia and Somalia from continuous GPS data: implications on present-day relative kinematics". Earth and Planetary Science Letters. 222 (1): 197–208. Bibcode:2004E&PSL.222..197F. doi:10.1016/j.epsl.2004.02.008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search